GdMap


BESKRYWING:
GdMap is 'n instrument wat dit moontlik maak om skyfspasie te visualiseer. Al ooit gewonder hoekom jou hardeskyf vol is of watter gids en lêers die meeste van die spasie opneem? Met GdMap kan hierdie vrae vinnig beantwoord word. Om gidsstrukture te vertoon, word kussingboomkaarte gebruik wat 'n volledige gids of selfs die hele hardeskyf met een prentjie visualiseer.
Kussingboomkaarte vertoon gidse en lêers in reghoekige gebiede. Hoe groter 'n lêer is, hoe groter is die reghoek wat dit verteenwoordig. Alle lêers in een gids word binne die reghoek van daardie gids geverf.

