Atomix


BESKRYWING:
Atomix is 'n legkaartspeletjie waar jy atome beweeg om 'n molekule te bou.
Jy begin die speletjie met die kaart gevul met mure en 'n paar atome, wat jy in enige rigting kan beweeg. Die atome sal egter nie stop voordat hulle 'n muur of 'n ander atoom tref nie. Jy kan 'n voorskou sien van watter molekule jy moet bou, en jy moet jou bes doen om te vind waar om die molekule te bou, en die atome daarheen te beweeg.

