Jami









BESKRYWING:
Jami is 'n gedesentraliseerde boodskapper wat stem-/klankoproepe, skermdeling en konferensies moontlik maak.
- Jami is heeltemal eweknie-tot-eweknie en benodig nie 'n bediener om data tussen gebruikers oor te dra nie.
- Jami is 'n GNU-projek gerugsteun deur die Free Software Foundation en versprei onder 'n GPLv3-lisensie.
- Ons gebruik moderne end-tot-end-enkripsie met perfekte voorwaartse geheimhouding vir alle kommunikasie en voldoen aan die X.509-standaard.
- Sonder beperking op lêergrootte, spoed, bandwydte, kenmerke, aantal rekeninge, berging of enigiets anders.
- Daar sal nooit op Jami geadverteer word nie.
- Alle kommunikasie is eweknie en end-tot-end geïnkripteer.
- Beskikbaar op Linux, Android, AndroidTV, Windows, macOS en iOS.
- Latency en oordragspoed word aansienlik verminder danksy die direkte eweknie-verbinding.
- Gebruikers wat op dieselfde plaaslike netwerk is, kan met Jami kommunikeer selfs al is hulle van die internet ontkoppel.
- Geen persoonlike inligting hoef verskaf te word wanneer 'n rekening geskep word nie.

